Copyright © All rights reserved. Made By Eko Wild

Disclaimer: the information on this page is used entirely at the reader's discretion, and is made available on the express condition that no liability, expressed or implied, is accepted by

Eko Wild or any of its associates, employees or subsidiaries for the accuracy, content or use thereof.

Serving the Game Industry since 1991
087 802 1989   www.ekowild.co.za   info@ekowild.co.za

Vir meer inligting skakel asseblief

Dr Wilhelm Schack (Wilddeskundige en Bestuurskonsultant) 083 301 8119

Belê in BUFFELS


Die Afrikabuffel is internasionaal gesog as trofee jagdier en soos wat die wêreldekonomie herstel, neem die aanvraag vir jagbuffels toe.  Buffeljag is die grootste en mees avontuurlike jagervaring wat ‘n jagter kan hê.  Dit is die uiteindelike droom van menigte jagter wêreldwyd, en hy sal BAIE betaal om dié droom ‘n werklikheid te maak.


Dit is hoekom ‘n belegging in ‘n teeltrop buffels ‘n baie konkrete basis het.  Dit word onderlê deur ‘n ekonomie van skaal wat deur baie min ander jag- of teelspesies geklop kan word.  Hierdie ekonomie vind sy verbruikers, die jagters, in baie lande van die wêreld, vanaf die Amerika’s tot Rusland, Italië, Spanje en deesdae toenemend meer in die groter ekonomië van Europa soos Duitsland en Frankryk.


Buffels bly die ankerspesie waarom ‘n noemenswaardige groot persentasie van die Suid-Afrikaanse wildbedryf se ekonomie gebou is.  Hierdie ekonomie is sterk en groei steeds.


Buffel ‘aandele’ klop goud- en platinum aandele by verre.  Beleggings word wel beïnvloed deur die wêreldekonomie, maar in teenstelling met goud, wat nie kan kalf nie, groei ‘n belegging in buffels jaarliks met elke kalfseisoen en later eksponensieël in waarde.


Maak ‘n begin deur te kyk na ‘n teelgroep buffels wat Eko Wild met trots aanbied, naamlik ‘n geselekteerde groepie van 5 vroulike diere uit ‘n trop van besonderse genetika en konformasie, goeie horinglengtes en goeie vrugbaarheid.